Lees ook: Drie mans in Mfuleni doodgeskiet
ZIMBABWE. – Die Indiese biljoenêr sakeman, Harpal Randhawa, en sy seun is onder die ses mense wat Vrydag in ‘n vliegtuigongeluk in Zimbabawe oorlede is.
‘n Vliegtuig op ‘n RioZim-vlug op pad van Harare na Murowa Diamonds het kort na dit opgestyg het ‘n tegniese probleem ervaar en in Peter Farm geval. Alle passasiers en bemanningslede is onmiddellik oorlede.
Dit is ook moontlik dat die vliegtuig ontplof het voor dit die grond getref het. Randhawa het baie geld in RioZim belê en was die stigter van GEM Holdings.
Twee Zimbabwiërs en vier buitelanders het in die ongeluk omgekom.
Bronne: IOL, NDTV, The Indian Express
Lees ook: Drie mans in Mfuleni doodgeskiet



