Lees ook: Adjunk-minister van polisie se beskermer dood in massaskietery in Gugulethu
MFULENI, KAAPSTAD. – Drie mense is gistermiddag in Mfuleni, Kaapstad, doodgeskiet.
Die drie mans het glo in ‘n voertuig by Fountain Heads gesit toe ses gewapende mans hulle nader en op hulle begin skiet het. Die drie mans is op die toneel oorlede verklaar.
Die verdagtes het in ‘n Toyota Avanza gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie. Die rede vir die moorde is onbekend. Dit volg na twee massaskieterye in Gugulethu in die laaste week.
Bronne: EWN, Road Safety, SAPS
Lees ook: Adjunk-minister van polisie se beskermer dood in massaskietery in Gugulethu



