Lees ook: Nog ’n massaskietery in Gugulethu
GUGULETHU. – Die VIP-beskermer van die adjunk-minister van die polisie, Cassel Mathale, is een van die vyf mense wat Saterdag in ’n massaskietery in Gugulethu dood is.
AO Lindela Mraqisa het Mathala sedert 2019 beskerm. Mraqisa en drie ander mans, identifiseer as Christopher Jordan, Khanyiso Ngqabe, Kevin en ’n meisie genaamd Babalwa, is Saterdag op die NY 5 aangeval.
Die slagoffers is met verskeie skietwonde gevind in twee voertuie wat langs die pad geparkeer was. Die verdagtes, glo vyf mans, is deur ’n Quantum naby die moordtoneel afgelaai. Hulle het op die voertuie begin skiet en daarna teruggeloop na waar hulle weer opgelaai is.
Nog niemand is in hegtenis geneem vir die moorde nie en die rede vir die aanval is steeds onbekend.
Bronne: IOL, News24, The Citizen
Lees ook: Nog ’n massaskietery in Gugulethu



