Skollie van die TV-reeks Vyfster sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Skollie, oftewel akteur George Ballot, het in die ouderdom van 77 by sy huis op Riebeeck-Kasteel gesterf.

Hy was alombekend vir die rol wat hy in Vyfster vertolk het. Ballot het ook rolle in Sersant en die Tiger Moth, Blink Stefaans en vele ander flieks en toneelstukke vertolk.

Louisa Gerryts, sy buurvrou, het die polisie in kennis gestel toe hy nie op boodskppe reageer het nie. Hy is daarna dood in sy bed aangetref.

Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie, maar ‘n hartaanval word vermoed.

Hy word deur dr. Muller Ballot van Stellenbosch, sy broer, en Petro Pelser van Middelburg in Mpumalanga, sy suster, oorleef.

Bron: Overvaal Stereo en Vriende van NALN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel