NIEU-SEELAND. – Lauren Dickason (42), moordbeskuldigde, het ‘n brief aan haar aanlyn ondersteuners van die geslote Facebook-blad Support for Lauren Dickason geskryf en ook teddiebere waarmee sy slaap, gewys wat elkeen van haar drie oorlede dogters verteenwoordig.
Haar ondersteuners het haar op die tweede herdenking van die kinders se dood met ‘n omgeepakkie verras waarvoor sy hulle bedank het.
Die dankiesêbrief vir liefde en ondersteuning gedurende die moeilike tyd is vanuit die forensiese psigiatriese eenheid waar sy tans is, geskryf.
Dickason slaap elke aand met die teddiebere wat uit haar drie dogters se kledingstukke gemaak is.
Die moordenares-ma, ‘n dokter, voorheen van Suid-Afrika, het haar kinders gedurende 2021 in hul huis in Timaru doodgemaak deur hulle te verwurg en te versmoor. Sy het tydens ‘n vyf weke verhoor skuld aan hul moorde beken, maar volgehou sy was geestelik versteurd en gesê sy kan nie vir die moorde verantwoordelik gehou word nie. Sy is egter deur ‘n jurie skuldig bevind.
Sy sal na verwagting op 19 Desember gevonnis word.
“Thank you to everybody for your love and support in this difficult time.”
“There are also bears that were made with the childrens’ clothing and have their names embroidered on their feet.”
Bron: Stuff, Daily Mail, New Zealand Herald
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel