LEES OOK: Stad Kaapstad soek lewensredders vir die feesseisoen
As jy in die formele nie-landbousektor werk en meer as R26 000 per maand voor belasting verdien – oortyd en bonusse ingesluit – dan verdien jy amptelik ‘n bogemiddelde salaris in Suid-Afrika.
Die bevindinge van Stats SA se Kwartaallikse Indiensnemingstatistiek-opname, wat Donderdag vrygestel is, toon dat die gemiddelde maandelikse salaris in Mei R25 994 was – ‘n kwartaal-tot-kwartaal-verhoging van 2,8 persent vanaf Februarie se gemiddelde salaris van R25 274, en ‘n 5,4 persent jaarlikse verhoging van R24,668 in Mei 2022.
Werknemers wat sulke verhogings in hulle salarisse gesien het, werk heel waarskynlik in die gemeenskapsdienste, sakedienste, handel, vervaardiging, konstruksie-, vervoer- en mynbou-sektore.
Nie net het die elektrisiteitsbedryf ‘n afname in salarisse getoon nie, maar oor alle industrieë het bonusbetalings aan werknemers gedaal. “Hierdie afname is hoofsaaklik toegeskryf aan die afname in bonusbetalings in sakedienste, vervaardiging, gemeenskapsdienste en elektrisiteit. Die bedrywe wat egter ‘n toename in bonusbetalings aangeteken het, was vervoer, handel en konstruksie,” berig Stats SA.
#Salaris #Gemiddeld #Geld #Nuus
Bronne gebruik: IOL.



