GAUTENG. – Twee vroue is Donderdagmiddag oorlede toe hulle op die hoek van Bremer- en Markstraat in Hercules-polisiëringsarea in ‘n ongeluk betrokke was.
Hercules se GPF-bestuur sê in ‘n sosialemediaplasing die twee vroue was met hulle voertuig in ‘n ongeluk met ‘n militêre voertuig betrokke.
Padverbruikers is vir hulle eie veiligheid versoek om by kruisings vir ander motors op die uitkyk te wees.
“Dis nie gewaarborg dat hulle betyds sal kan rem om ‘n botsing te vermy nie en ‘n rooi lig is ook nie altyd genoeg nie.”
Bron: Hercules GPF Bestuur Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



