Lees ook: Hofdokumente sê Oscar Pistorius moes al in aanmerking vir parool gekom het
VK. – Die bekende akteur, Michael Gambon, is op die ouderdom van 82 in ‘n hospitaal oorlede.
Michael Gambon was bekend vir sy rol as Albus Dumbledore in ses van die agt Harry Potter-films. Hy het vier Baftas gewen en is in 1998 tot ridder geslaan vir sy diens aan die vermaakindustrie gelewer.
Sy weduwee en seun het gesê hy is oorlede, omring deur sy familie, na hy longontsteking opgedoen het.
Bronne: BBC, The Guardian, CNN
Lees ook: Hofdokumente sê Oscar Pistorius moes al in aanmerking vir parool gekom het



