Lees ook: Joe Jonas en Sophie Turner kan nie ooreenkom oor plek vir egskeiding nie
SPANJE. – ‘n Hoërskoolleerling (14) is in Spanje in hegtenis geneem na hy vanoggend drie onderwysers en twee leerlinge met ‘n mes aangeval het.
Een van die leerling se klasmaats het aan die media gesê die leerling het glo “kwaad” by die klas ingekom. Hy het agter in die klas gaan sit en “messe” uit sy rugsak gehaal.
Die leerling het glo twee kombuismesse gehad waarmee hy glo die ander leerlinge en onderwysers aangeval het.
Een van die onderwysers is in ‘n ernstige toestand met ‘n oogbesering. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.
Bronne: Euronews, Be Loud, Yahoo News
Lees ook: Joe Jonas en Sophie Turner kan nie ooreenkom oor plek vir egskeiding nie



