Lees ook: Sophie Turner sê argument op Joe Jonas se verjaardag het glo egskeiding veroorsaak
VSA. – Die sanger, Joe Jonas en Sophie Turner, die Game of Thrones-aktrise, kan glo nie ooreenkom oor waar hulle egskeiding sal plaasvind nie.
Die paar het onlangs hulle egskeiding aangekondig, maar stry nou glo oor waar die wettige proses gaan plaasvind.
Jonas wil hê die egskeiding moet in Amerika plaasvind terwyl Turner dit in Engeland, waar sy vandaan kom, wil hê. ’n Verhoor is gereël vir 11 Desember om te besluit waar die egskeiding sal plaasvind.
Turner het Jonas vroeër die maand gedagvaar om hulle kinders terug te kry na sy beweer het hy weerhou haar daarvan om die kinders na die VK terug te neem. Jonas het aangedring hy voldoen aan ’n bevel van ’n Florida-hof wat beslis het die ouers mag nie die kinders landuit neem nie.
Turner het beweer Jonas het die egskeidingproses begin na ’n argument op sy verjaarsdag en sy het gesê sy het eers deur die media van die egskeiding uitgevind.
Jonas se verteenwoordigers het gesê Sophie het geweet van die egskeiding en dat sy bewus was van die bevel dat die kinders nie landuit geneem mag word nie.
Bronne: IOL, Tyla, New York Post
Lees ook: Sophie Turner sê argument op Joe Jonas se verjaardag het glo egskeiding veroorsaak



