Lees ook: Joe Jonas en Sophie Turner gaan skei
VSA. – Die aktrise Sophie Turner het gesê sy dink ’n argument wat sy en haar man, Joe Jonas, op sy verjaarsdag gehad het, het hulle egskeiding veroorsaak. Sy het vertel die “skielike” breuk in hulle huwelik het na ’n argument op 15 Augustus gevolg.
Jonas het op 1 September die egskeidingprosedures begin. Turner het gesê sy is nooit daarvan ingelig nie en het vier dae later eers deur die media daarvan uitgevind. Sy het onmiddellik aansoek gedoen om toesig oor hulle kinders te kry.
Jonas se verteenwoordiger het ontken dat Turner nie van die egskeiding bewus was nie en het gesê die hof in Florida het reeds ’n bevel gegee dat geeneen van hulle die kinders kan “verskuif” nie.
Dit is onbekend wat die rede vir hulle argument was.
Bronne: The Mirror, E! Online, People
Lees ook: Joe Jonas en Sophie Turner gaan skei



