Lees ook: SABC gaan nie betaal om Springbokke se Rugbywêreldbeker uit te saai nie
MIAMI, VSA. – Die sanger, Joe Jonas (34) het gister die papierwerk ingegee vir ’n egskeiding van die Game of Thrones-aktrise Sophie Turner (27) na net vier jaar van getroude lewe.
In die hofdokumente staan “die huwelik tussen die partye is onherroeplik gebreek”. Jonas en Turner het ’n voor-huwelikskontrak opgestel.
Jonas en Turner het in 2019 getrou na hulle byna drie jaar uitgegaan het en het twee kinders – Willa (3) en D (14 maande).
Bronne: PEOPLE, CNN, ABC News
Lees ook: SABC gaan nie betaal om Springbokke se Rugbywêreldbeker uit te saai nie



