KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (76) en vrou (54) moes Woensdagmiddag op die R102 tussen Canelands en Verulam met voetgangers om die behoud van hulle besittings baklei nadat hulle in ‘n ongeluk betrokke was en hulle Mercedes-Benz gerol het.
Reaction Unit South Africa sê hulle is deur verbygaande motoriste ontbied. Met aankoms op die toneel was paramedici van die provinsiale ambulansdiens besig om die persone wat slegs gering beseer was by te staan.
Die vrou het aan reaksiebeamptes vertel voetgangers het hulle besteel terwyl hulle nog in die wrak van hulle voertuig vasgekeer was. Sy moes fisies met ‘n vermeende dief stoei om haar handsak te behou. Die vermeende diewe het met die aankoms van reaksiebeamptes van die toneel gevlug.
‘n Bou Etios wat met die Mercedes in ‘n ongeluk betrokke was, het ongeveer 50 meter verder gestaan.
Die bestuurder van die Etios het verduidelik sy voertuig het meganiese probleme ondervind kort nadat herstelwerk vir die onderstel en wielsporing gedoen is. Dit het veroorsaak dat hy met die Etios in die Mercedes-Benz vasgery het en dit het veroorsaak dat dit rol.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



