VSA. – Die Bidens se tweejarige Duitse herdershond genaamd Commander het Maandag die elfde keer sedert Oktober 2022 geheime agente gebyt. Al die voorvalle het of by die familiehuis in Delaware of by die Withuis plaasgevind.
Anthony Guglielmi, woordvoerder vir die geheime diens, het Dinsdag gesê die geheimediensagent wat gebyt was, moes op die toneel behandel word.
Die agent wat gebyt is, het intussen met die geheimediensdirekteur gepraat en dit gaan goed met hom.
Die Withuis se perssekretaris het tydens vorige voorvalle die bytery aan stres, verwant aan die inwoning by die Withuis, toegeskryf.
Gedurende Julie is gesê daar word na die vlaag aanvallle na ‘n nuwe leiband en opleidingsmetodes vir Commander gekyk.
By ‘n vorige geleentheid kon die Eerste Dame nie die hond beheer nie. Tydens ‘n ander voorval, wat voor Biden self gebeur het, kon hy intree om te help.
Volgens beriggewing is die ander Duitse herdershond van Biden, genaamd Major, ook skuldig aan bytery. Hy is van die perseel verwyder en is tans by familievriende.
Bronne: BBC, CBS News en Sky News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



