Leerlinge kry vermoorde vrou se liggaam naby skool

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Seun (14) steek vyf mense met mes by skool

UMLAZI, DURBAN. – Laerskoolleerlinge wat op pad was skool toe het Woensdag op die liggaam van ’n vrou (24) met steekwonde naby die skool afgekom.

’n Sekuriteitswag het die voorsitter van die beheerliggaam en plaaslike polisieforum geskakel na die kinders hom geroep het oor die liggaam wat in bose gevind is.

Die voorsitter het gesê hulle het die vrou se naakte liggaam gekry en met ’n handdoek toegemaak. Hulle het ’n keps, baadjie en broek naby haar liggaam gekry.

Die polisie het gesê hulle is besig om die saak te ondersoek.

Bronne: IOL, ECR, VN Explorer

Lees ook: Seun (14) steek vyf mense met mes by skool