Baba dood in vullisblik gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Die lewelose liggaam van ‘n pasgebore baba is Donderdagoggend in ‘n vullisblik op Port Shepstone gevind.

Mi7 National Group sê ‘n reaksiebeampte is deur gemeenskapslede wat die baba gevind het in die verbygaan gestop. Die reaksiebeampte het dadelik nooddienste van Mi7 National Group ontbied.

Die baba, wat in ‘n kombers toegedraai was, is op die toneel dood verklaar.

‘n Ondersoek word deur die polisie gedoen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel