WES-KAAP. – Ashley Perrins (38) wat ‘n 13-jarige meisie gedwing het om vir hom naakfoto’s en video’s van haar te stuur en ook voorgegee het om die meisie te wees en haar vriendinne bevriend en vir naakfoto’s gevra het, het skuld beken. Hy is tot 25 jaar direkte tronkstraf in die Goodwood-streekslanddroshof gevonnis.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Perrins is op 1 208 aanklagte skuldig bevind. Dit sluit die seksuele voorbereiding van ‘n kind, 290 aanklagte waarin die kind tot sy voordeel vir kinderpornografie gebruik is, 290 aanklagte vir die besit van kinderpornografie, 290 klagtes vir die vervaardiging van kinderpornografie, ‘n aanklag vir die verspreiding van kinderpornografie en 329 aanklagte van gedwonge selfseksuele aanranding, asook een aanklag van skadelike openbaarmaking van pornografie, in.
Yolanda Pretorius, die staatsaanklaer, het aan die hof voorgehou die beskuldigde het as ‘n “14-jarige” ‘n 12-jarige meisie op Facebook bevriend, waarna hulle elke dag gepraat het. Die meisie het hom as ‘n vriend aanvaar en ‘n potensiële liefdesbelangstelling gesien. Sy het ‘n foto van haarself aan hom gestuur toe hy daarvoor gevra het.
Na ‘n paar maande het hy intieme gesprekke met haar begin voer. Gedurende 2020 het hy haar selfoonnommer gevra sodat hulle op WhatsApp kon gesels. Dit is hier waar hy haar vir naakfoto’s gevra het. Sy het toegegee en gereeld die foto’s wat hy versoek het gestuur. Hy het ook vir video’s gevra met instruksies wat sy daarin moes doen.
“At first, she refused, and he threatened her, by saying that if she refuses to send the videos, he will expose the naked pictures she sent him on social media for everyone to see. This continued for a while and he got the complainant to send him a total of 121 videos, even though the complainant said she felt uncomfortable making and sending the videos. After communicating for a while, the accused asked the complainant what she would do if she found out that he was 18 years old. She responded that there was nothing she could do. He then informed her that he was 38 years old. This information scared her, and she blocked him on Facebook and WhatsApp.”
Die meisie het hom hierna op WhatsApp geblok, maar hy het deur ‘n ander nommer kontak gemaak en gedreig om die foto’s en video’s op Facebook te plaas indien sy hom nie ontblok nie. Sy het ingegee, maar die volgende jaar uitgevind haar vriende het versoeke van haar op Facebook gekry wat sy nie gestuur het nie.
“She discovered the requests were sent from fake accounts with her profile picture on it. After some of the friends accepted, they were requested to send naked images of themselves. In 2021, the accused demanded to meet her and sent an Uber to fetch them from her home and drop her off at a shopping mall where he was waiting for her. After meeting her, he attempted to kiss her, but she refused. After persuading him that she wanted to go home, he booked her an Uber and gave her R80. At the end of February 2022, the complainant’s father saw one of the videos on Facebook. It was one of the videos she made for the accused. She then told her father what had happened. They told a family friend who traced the accused. The case was reported to the police and the accused was arrested at his place of employment. Police confiscated his cellphone which contained all the images and videos of the complainant.”
Die hof het die beskuldigde met skuldigbevinding onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam word in die nasionale register vir seksoortreders aangebring. Hy is verder onbevoeg verklaar om met kinders te werk.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



