Lees ook: Nuwe Covid-variant Eris in Gauteng gekry
Die WGO het Woensdag gesê daar is geen spesifieke dominante Covid-19-variant wat die styging in Covid-19-gevalle veroorsaak nie.
Hulle het gesê hulle is besig om drie variante dop te hou, Die aantal gevalle van XBB.1.5., XBB.1.16. en EG.5. EG.5 styg tans dwarsoor die wêreld, terwyl die ander twee begin daal.
Die WGO het gesê dis kommerwekkend dat daar ‘n styging in Covid-19-gevalle wêreldwyd is met meer mense wat gehospitaliseer word. Hulle het bygevoeg daar is geen teken dat Covid-19 erger word nie.
Bronne: IOL, Ghanamma, CNBC
Lees ook: Nuwe Covid-variant Eris in Gauteng gekry



