GAUTENG. – Die polisie in Gauteng het ‘n verdagte doodgeskiet en nog twee in hegtenis geneem na ‘n transitorooftog Woensdagmiddag net na 17:00 in Springs in Butler- en Witstraat naby Selcourt Towers.
Brig. Athlenda Mathe sê die sekuriteitswagte is kort nadat hulle kontant gekollekteer en na hulle basis teruggekeer het, voorgekeer, ontwapen en die kontantwa opgeblaas. Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.
Gauteng-polisie het met inligting tot hul beskikking die maksimum hulpmiddele en verskeie eenhede gemobiliseer. Die verdagtes is binne drie uur vandat die misdaad gepleeg is op die M1 suid voor die Booysens-afrit in ‘n Toyota Quantum opgemerk.
‘n Oor-en-weer-skietery het plaasgevind waarna een van die verdagtes op die toneel dood verklaar en twee ander vasgetrek is. Die polisie het op drie gewere, kontant en selfone beslag gelê. Twee leë kontantsakke en gewapenderooftoerusting is in die wegkomvoertuig gevind.
Die ondersoek duur voort om meer verdagtes op te spoor.
Mathe sê ‘n polisiebeampte wat ‘n skietwond opgedoen het, sterk in die hospitaal aan.
“In the past week, 10 158 suspects were arrested for various crimes ranging from murder and armed robberies. Operation Shanela continues to register commendable progress. 155 970 suspects have been arrested since it’s inception on 8 May 2023,” sê Mathe.
Bron: SAPD en Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



