Taxibaas buite sy huis geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Zoleka Mandela se begrafnisreëlings bekend

CANESIDE, KWAZULU-NATAL. –‘n Taxibaas is gistermiddag dood na ‘n skietery buite sy huis in Caneside.

Die taxibaas het glo buite sy huis gestaan toe ‘n wit Toyota Avanza voor die huis stilgehou het. ‘n Man het uitgeklim, na die taxibaas geloop en glo verskeie kere op hom geskiet voor hy weer in die voertuig geklim het wat toe weggery het.

Die taxibaas is na ‘n hospitaal geneem waar hy aan sy wonde beswyk het. Die polisie ondersoek die moord, maar nog niemand is in hegtenis geneem nie. Die rede vir die moord is onbekend.

Bronne: IOL, News365, African News Agency

Lees ook: Zoleka Mandela se begrafnisreëlings bekend