Minstens 100 gaste sterf na brand by troue

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisieminister sê inhegtenisnemings is op hande in AKA-moordsaak

AL-HAMDANIYAH, IRAK. – Minstens 100 trougaste is oorlede en meer as 150 is beseer na ‘n brand vanoggend by ‘n troue in Noord-Irak ujitgebreek het.

Meeste mense is in die hospitale opgeneem vir behandeling van brandwonde of ‘n suurstoftekort, maar daar was glo ook mense wat deur die skare vertrap is.

Die gebou waarin die troue plaasgevind het, is glo uit uiters ontvlambare materiaal gebou en die panele in die gebou het aan die brand geslaan. Die dak het ook ingegee. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die brand veroorsaak is deur vuurwerk wat afgevuur is.

Nog oorlewendes word gesoek.

Bronne: DW – South Africa, EWN, BBC

Lees ook: Polisieminister sê inhegtenisnemings is op hande in AKA-moordsaak