Lees ook: AKA-moordwapen gekry
DURBAN. – Volgens die polisieminister, Bheki Cele, is die polisie naby daaraan om die verdagtes betrokke by die moord van Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane in hegtenis te neem.
Hy het gepraat tydens ’n konferensie oor die polisie se onlangse sukses aangaande inhegtenisnemings en het gesê inhegtenisnemings in die AKA-saak is op hande, maar die polisie het tyd nodig vir ’n deeglike ondersoek.
Cele het gesê die voertuie is gekry, die vuurwapen is gekry en die verdagtes is bekend, maar die polisie het tyd nodig om die saak deeglik te ondersoek sodat die saak teen die verdagtes waterdig is.
AKA en Tibz is in Februarie doodgeskiet toe hulle die Wish-restaurant in Durban verlaat het.
Bronne: IOL, Briefly, The Africa, VN Explorer
Lees ook: AKA-moordwapen gekry



