DURBAN. – ‘n Vrou (63) is Sondagaand in Ntabamhlophe doogeskiet toe sy glo na bewering verkeerdelik vir haar dogter aangesien is. Volgens ‘n vroulike verdagte (30) se vermoede het die oorledene se dogter glo ‘n verhouding met haar kêrel gehad, waarna sy glo huurmoordenaars bekom het om haar om die lewe te bring.
Kol. Robert Netshiunda sê die oorledene is doodgeskiet, waarna die verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 32 jaar, in ‘n motorvoertuig van die toneel gevlug het.
Lede van Pietermaritzburg-OOP was op die N3 Hoofweg by die Mooi Rivier-tolplaza met misdaadvoorkomingsdienste besig en het die verdagtes en voertuig opgemerk, volgens die beskrywing wat hulle ontvang het. Hulle het die vyf in hegtenis geneem. .
Die vrou in die voertuig het eers vir die polisie gesê sy het ‘n geleentheid by die mans gekry, maar daar is bevind dat sy inderdaad die eienaar van die voertuig is.
Een van die manlike verdagtes het bloedvlekke op sy klere gehad en terwyl een van die verdagtes as die beweerde huurmoordenaar geïdentifiseer is, is daar vasgestel hy is ook op die polisie se lys van gesoekte persone vir nog “moordsake.”
Die polisie het ‘n vuurwapen met drie rondtes ammunisie in een van die verdagtes se besit gevind.
Gemeenskapslede het die voertuig wat hulle van die misdaadtoneel gesien jaag het, herken.
Die vyf verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



