KZN. – ‘n Vrou het Sondag gesterf toe die voertuig waarin sy ‘n passasier was oor ‘n brug op die N2 gestort en sy uit die voertuig gewerp is.
IPSS Search & Rescue is vir hulp na die toneel ontbied.
Op die toneel is die bestuurder deur ER24-paramedici behandel. Hy het gesê sy passasier het uit die voertuig geval.
Ethekwine se brandbestryders het die vrou teen die steil wal gevind, maar sy het aan haar beserings gesterf.
IPSS Search & Rescye-lede kon die oorledene se liggaam en brandweerlede met ‘n tousisteem teen die steil wal ophys.
Bron: IPSS Search & Rescue
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



