KZN. – ‘n Wit Renault Triber het Sondagaand omstreeks 22:58 te Buffelsdraaipad in Buffelsdraai beheer verloor en oor ‘n brug gestort. Die voertuig het regop op sy voorkant te lande gekom.
Reaction Unit South Africa het met aankoms op die toneel ‘n beseerde man aangetref. Hy het verduidelik hy is die passasier van die voertuig; die bestuurder het reeds die toneel verlaat.
Die passasier is vir mediese versorging na ‘n fasiliteit vervoer.
Rusa-lede kon nie vasstel of die bestuurder die ongelukstoneel weens mediese redes verlaat het nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



