KAAPSTAD. – Drie passasiers van ‘n Golden Arrow-bus is gisteroggend net voor 09:00 oorlede toe die bus in Jakes Gerwelrylaan glo weens sterk wind beheer verloor het.
Alderman JP Smith sê in wat as ‘n fratsongeluk beskryf word, was die bus glo besig om snelheid te vermeerder nadat ‘n passasier van die bus geklim het, toe ‘n sterk dwarswind die bus laat beheer verloor en die ongeluk plaasgrvind het.
Die paaie tussen Turfhall en Klipfonteinpad was vir verskeie ure gesluit terwyl nooddienste en wetstoepassingsowerhede aandag aan die beseerdes op die toneel gegee het.
Die passasiers het op die toneel aan hul beserings gesterf. Meer as 20 passasiers is beseer.
Die ongelukstoneel is deur die polisie se ongelukreaksie-eenheid oorgeneem.
Verskeie grafiese video’s van die toneel word op sosiale media versprei.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



