Lees ook; Onderwysdepartement spreek kommer uit oor dwelms in skole na 90 leerlinge ‘daggamuffins’ eet
Zoleka Mandela, die kleindogter van Nelson en Winnie Madikizela Mandela, is gisteraand oorlede na ’n lang stryd met kanker. Sy was 43 jaar oud.
Zoleka is oorlede na sy Maandag in die hospitaal opgeneem is vir behandeling vir kanker in haar heup, lewer, long, pelvis, brein en rug.
“n Verklaring uitgereik na haar dood het gesê onlangse ondersoeke het gewys die kanker het versprei en gevorder, met longfibrose en verskeie bloedklonte. Mandela het voorheen twee keer borskanker oorwin.
Zoleka was omring deur haar familie en vriende toe sy oorlede is.
Bronne: News24, Briefly, IOL
Lees ook; Onderwysdepartement spreek kommer uit oor dwelms in skole na 90 leerlinge ‘daggamuffins’ eet



