Lees ook: Dagga-muffins laat beland glo 90 leerlinge in hospitaal
GAUTENG. – Die Gauteng-onderwysdepartement het hulle kommer oor dwelms in skole uitgespreek en het gesê gemeenskappe moet seker maak dwelmhandelaars word gevang.
Dit volg na ‘n voorval by Laerskool Pulamadibogo in Soshanguve waar 90 leerlinge gehospitaliseer is na hulle glo daggabevattende muffins (space cookies) op pad skool toe gekoop het.
Volgens die departement is al die leerlinge reeds uit die hospitale ontslaan.
Twee verdagtes is in hegtenis geneem oor die voorval en het Vrydag in die hof verskyn. Hulle word aangekla van agt pogings tot moord.
Die Gauteng LUR vir onderwys het gevra leerlinge moet versigtig wees om kos by vreemdelinge te koop en moet seker maak oor wat hulle eet.
Bronne: IOL, VN Explorer, EWN
Lees ook: Dagga-muffins laat beland glo 90 leerlinge in hospitaal



