Lees ook: Polisie in VK sê klag van seksuele aanranding is teen Russell Brand ingedien
INDIЁ. – ’n Man is in hegtenis geneem na hy die deur van ’n vliegtuig tydens ’n vlug probeer oopmaak het.
Biswajit Debnath (41) het Donderdag op die vlug van Guwahati na Agartala langs die nooduitgang gesit, Hy ly glo aan depressie en het die deur tydens die vlug probeer oopmaak sodat hy kon uitspring.
Debnath het van sy sitplek af opgestaan en na die deur gestap en dit probeer oopruk, waarop een van die 180 ander passasiers hom gaan keer het. Hy het hom teëgesit, waarna mede-passasiers die bemanning gehelp het om hom na ‘n leë sitplek te sleep. Hy het daar bly sit tot die vliegtuig geland het.
Debnath is op die lughawe in hegtenis geneem op aanklagtes dat hy “die lewens van honderde passasiers in gevaar gestel het” en die bemanningslede aangerand het.
Bronne: Metro, NY Post, YouTube
Lees ook: Polisie in VK sê klag van seksuele aanranding is teen Russell Brand ingedien



