Lees ook: Drie Suid-Afrikaanse vlootduikers in Kaapstad oorlede
SOSHANGUVE, TSHWANE. – Minstent 90 leerlinge van Laerskool Pulamadibogo is gister in hospitale opgeneem vir naarheid, maagkrampe en braking na hulle glo dagga-muffins geëet het.
Die Gautengse onderwyswoordvoerder het gesê minstens nege leerlinge van Graad R tot Graad 7 het muffins by ‘n straatkoper gekoop op pad skool toe. Die muffins het glo dagga bevat.
Die woordvoerder het gesê onderwysers het die leerlinge se “vreemde optrede” opgemerk en dadelik die nooddienste gebel. Al die leerlinge is na hospitale geneem om gemonitor te word.
Die polisie het die skool besoek en die straatverkoper is geïdentifiseer.
Bronne: IOL, News24, News365, The Africa
Lees ook: Drie Suid-Afrikaanse vlootduikers in Kaapstad oorlede



