Mpumalanga-wyksraadslid doodgeskiet in voertuig

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC-raadslid in KZN doodgeskiet

BUSHBUCKRIDGE, MPUMALANGA.  – ’n Wyksraadslid en nog ’n man is Saterdag in Tsema-Marhumbu in Bushbuckridge in ’n voertuig doodgeskiet.

Die polisiewoordvoerder het gesê die wyksraadslid, Lot Nkuna (55), is in die voertuig gekry waar hy in die bestuurderskant doodgeskiet is. David Matsane (52), wat saam met Nkuna was, is geskiet terwyl hy buite die voertuig was.

Die derde onbekende slagoffer is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling van sy beserings. Dit is onbekend waar die derde slagoffer was toe hy geskiet is.

Die polisiewoordvoerder het gesê ’n manlike verdagte in ’n hoodie het glo verby die slagoffers geloop, teruggegaan en toe op hulle begin skiet.

Die rede vir die moord is onbekend, maar die polisie is besig om die moorde te ondersoek.

Bronne: IOL, News24, Surgezirc

Lees ook: ANC-raadslid in KZN doodgeskiet