Verdagte wat man aanval deur gemeenskap doodgemaak

Deel hierdie storie / Share this story

PRAKTISEER. – Kabelo Phoku, ‘n verdagte in verskeie sake, wat glo Vrydagoggend in ‘n voorval van roof en poging tot moord betrokke was, is dood nadat hy deur die gemeenskap aangerand is.

Kol. Malesela Ledwaba sê daar word na die verdagtes wat vir Phoku se dood verantwoordelik was, gesoek.

Na bewering was twee mans die oggend op pad werk toe, toe hulle deur Phoku en twee makkers genader is. Een van die mans is oorweldig, terwyl een kon vlug.

Die man wat deur die drie oorweldig is, het glo ‘n kopbesering opgedoen en het om hulp geskree. Gemeenskapslede het hom te hulp gesnel en Phoku aangekeer. Hy is na bewering brutaal op die toneel aangerand terwyl sy makkers gevlug het.

Daar is vasgestel Phoku word vir verskeie sake, onder andere brandstigting, moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met ‘n vuurwapen gesoek.

Die provinsiale kommissaris veroordeel die gemeenskap wat nie die polisie ontbied het nie, maar reg in eie hande geneem het.

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel