KAKAMAS. – Die lewelose liggaam van ‘n pasgebore baba is Vrydagoggend in ‘n plastieksak in ‘n vuilgoedgat gevind waar ‘n gemeenskapslid vir leë bottels naby Alheiit gesoek het.
Kapt. Nelis Prins sê die man het die bloed aan die plastieksak opgemerk en dit oopgemaak en op die liggaam van die baba afgekom.
Polisie en nooddienste is na die toneel ontbied.
‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die baba se dood bepaal.
Die Kakamas-polisie ondersoek ‘n saak van verberging van geboorte en versoek die gemeenskap se hulp om die ma van die baba op te spoor.
Enigiemand met inligting kan sers. Nico Adams by 076 016 5540 bel.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



