Meisie (12) gee geboorte, ma se kêrel lewenslank gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

SWELLENDAM. – ‘n Meisie (12) wat tussen 2018 en 2021 deur haar ma se kêrel (30) verkrag en swanger gemaak is en aan ‘n babaseun geboorte gegee het,is Dinsdag in die Worcester-streekshof lewenslank tronk toe gestuur.

Hy het nog mede-beskuldigdes, onderskeidelik (26) en (28) jaar oud toegelaat om die meisie te verkrag. Twee van hulle is elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Nog ‘n verdagte in die saak is steeds in aanhouding.

Sers. Christopher Spies sê die meisie het oor ongemak gekla en haar ma het haar dokter toe geneem. Daar is vasgestel die meisie is vier maande swanger. Dit is dadelik aan die polisie rapporteer.

Drie van die verdagtes is tot dusver met behulp van die Swellendam-GKS se ondersoek aan verkragting skuldig bevind. Die veroordeeldes se name word in die nasionale register vir seksoortreders aangeteken.

Die ma se kêrel is op drie aanklagte van verkragting en twee klagtes van seksuele uitbuiting van ‘n kind skuldig bevind. Die ander twee mans is skuldig aan verkragting.

Die verdagte wat steeds in aanhouding is, is eers later in 2021 aangekeer en is in aanhouding terwyl sy saak nog afgehandel moet word.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel