SA sukkel nou met twee voëlgriep-uitbrake

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Parlement skryf nuwe wet om kriminele rekords vir Covid-19 uit te wis

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê die land het te doen met twee uitbrake van voëlgriep. Die H5- en H7-voëlgriepvirusse het daartoe gelei dat miljoene hoenders van kant gemaak is om die siekte te probeer bedwing.

‘n Woordvoerder van die ministerie van landbou, Reggie Ngcobo, sê Gauteng is die provinsie wat die swaarste getref is met die H7-stam-virus, terwyl die Wes-Kaap die swaarste deurloop onder die H5-stam.

“Die aantal nuutnagespeurde PKR-positiewe plase neem toe en die industrie het dus versoek om uiterste sekuriteit op pluimveeplase te verseker om die risiko van blootstelling te verminder. Die departement het die invoer van bevrugte eiers vir die kuikenbedryf gefasiliteer.”

Die departement het gesê 107 705 hoenders is tot dusver dood. Die gerapporteerde aantal hoenders wat by kommersiële hoenderplase van kant gemaak is, is tot dusver meer as 1,3 miljoen. “Gegrond op hierdie gerapporteerde syfers, was daar ‘n totale verlies van 1 426 226 hoenders.” Boere word aangemoedig om enige vermeende gevalle van voëlgriep by hulle naaste veearts aan te meld. Kenners waarsku dat die virus wat voëlgriep veroorsaak, vinnig verander en dat dit fyn dopgehou moet word.

#VoelGriep #Uitbraak #Siektes #Gesondheid

Bronne gebruik: SABC Nuus; TimesLive.