LEES OOK: GOEIE NUUS: Renostergetalle styg vir die eerste keer
Hollywood-ateljees het Maandag ‘n sug van verligting geslaak toe ‘n voorlopige ooreenkoms met draaiboekskrywers die hoop laat ontstaan het dat sake na normaal sal terugkeer ná vyf maande van ontwrigting. Die verwagtinge het die aandele van ateljee-eienaars laat styg. Die vakbond wat sowat 11 500 rolprent- en televisieskrywers verteenwoordig en die groep wat die ateljees en stroommaatskappye verteenwoordig, het Sondag die voorlopige ooreenkoms aangekondig.
Die driejaarooreenkoms, waarvan die besonderhede nie bekend gemaak is nie, moet deur die leierskap van die Writers Guild of America en vakbondlede goedgekeur word om die staking amptelik te beëindig. Maar selfs ná die goedkeuring sal dit langer neem vir produksies om te hervat, aangesien Hollywood-akteurs steeds staak.
Die SAG-AFTRA-vakbond, wat 160 000 rolprent- en televisie-akteurs, waaghalse en ander professionele media-akteurs verteenwoordig, het in Julie begin gestaak om hoër lone en beskerming teen gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) te eis.
#SAGAFTRA #Staking #Internasionaal #Hollywood
Bronne gebruik: SAG-AFTRA; SABC Nuus; The Hollywood Reporter.