LEES OOK: Wes-Kaapse Bloeddiens vra dringend skenkings aangesien voorraad min raak
Die Nasionale Vergadering het ’n wetsontwerp goedgekeur wat kriminele rekords sal uitwis van mense wat skuldig bevind is aan die oortreding van Covid-19-regulasies tydens die implementering van die inperkingsregulasies. Die polisie het teen 2021 meer as 400 000 mense gearresteer vir die oortreding van inperkingsregulasies. Alhoewel die meeste van hulle tronkstraf vermy het en uiteindelik boetes vir hulle oortredings betaal het, het hulle kriminele rekords.
Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het ‘n paar maande gelede die Wysigingswetsontwerp op Geregtelike Aangeleenthede by die parlement ter tafel gelê.
Byna alle politieke partye, met die uitsondering van die EFF en Al-Jama-ah, het die nuwe wetsontwerp ondersteun.
Die komitee wat toesig hou oor Lamola se portefeulje het Dinsdag gesê hulle beplan om sake rakende die wetsontwerp voor die einde van die jaar af te handel. Nadat die komitee die wetgewing gefinaliseer het met insette vanuit die openbare verhore, sal die wetsontwerp na verwagting in die Nasionale Vergadering bespreek word voordat dit deur die president afgeteken moet word.
#Parlement #Covid19 #KrimineleRekords #NuweWet
Bronne gebruik: IOL; The Citizen; News24.



