Meisies ongedeerd na gyselaarsdrama in tragedie eindig

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Twee minderjarige kinders, onderskeidelik (3) en (7) is vanoggend na ‘n deurnag-gyselaarsdrama in Mandela Park deur spesiale taakmaglede uit ‘n huis gered. Hulle ouers het albei omgekom.

Sers. Mahlomola Kareli sê die Phuthaditjhaba-polisie en gyselaars-onderhandelaars is omstreeks 18:00 gisteraand na die gyselaarsdrama ontbied.

Na bewering het ‘n man (57) homself en sy vrou (43) saam met die minderjarige kinders in die huis toegesluit. Omstreeks 07:30 vanoggend het die polisie twee skote gehoor wat binne die huis afgevuur is.

Spesiale taakmaglede het die huis binnegegaan en die twee meisies gered. Die ouers in ‘n plas bloed in die ander kamer gevind. Beide die ouers is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek sake van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Die name van die oorledenes word weerhou totdat naasbestaandes van hul afsterwe ingelig en hulle formeel geïdentifiseer het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel