Lees ook: Nie genoeg bewyse vir moordklagtes in Nick Frischke-saak
KAAPSTAD. – Die saak van die vermiste Duitse toeris, Nick Frischke, sal na die streekshof in Kaapstad geskuif word.
Vyf mans word aangekla van roof met verswarende omstandighede en die besit van ‘n vuurwapen na hulle met Frischke se besittings betrap is kort na hy verdwyn het.
Frischke het op 14 Februarie verdwyn na hy op Hangberg gaan stap het. Hy is nog steeds vermis.
Igshaan Fisher, Jason Adonis, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin en Melvin Guenantin word ook ondersoek vir die moontlike dood van Frischke.
Jason Adonis is verlede week op borg van R500 vrygelaat. Die mans sal na verwagting op 10 Oktober in die Wynberg-streekshof verskyn.
Bronne: EWN, News365, The Africa
Lees ook: Nie genoeg bewyse vir moordklagtes in Nick Frischke-saak



