Lees ook: Nick Frischke-beskuldigdes weer in hof
WYNBERG, KAAPSTAD. – Die vyf mans beskuldig daarvan dat hulle Nick Frischke beroof het, het Vrydag in die hof verskyn. Hulle is in hegtenis geneem vir roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n vuurwapen na hulle gekry is met die vermiste Frischke se besittings.
Frischke het op 14 Februarie verdwyn na hy op Hangbergpas gaan stap het. Die staat wou ’n moordaanklagte by die bestaande aanklagtes teen die vyf mans voeg, maar die landdros het bevind daar is nie genoeg bewyse om die groep van moord aan te kla nie.
Die saak is na die streekshof geskuif en tot 10 Oktober uitgestel.
Bronne: Cape Town ETC, News24, Africa Press
Lees ook: Nick Frischke-beskuldigdes weer in hof



