VENETIA-MYN, LIMPOPO. – ‘n Mynbusongeluk het Sondagmiddag 17 September 2023 die lewens van minstens 20 werknemers van die myn geëis. Die ongeluk het ongeveer 40 km van die myn rigting Musina in die Vhembe-distrik plaasgevind.
Florence Radzilani, die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, sal vandag saam met nog hooggeplaastes soos Godfrey Mawela, die burgemeester van Musina, en mynamptenare, die ongelukstoneel besoek.
Die bus en ‘n vragmotor het vermoedelik reg van voor teen mekaar gebots en aan die brand geslaan.
‘n Video-opname van die ongeluk kan by die volgende skakel gesien word, maar wees gewaarsku, dit is nie vir sensitiewe lesers nie.
De Beers Group Managed Operations South Africa het die volgende verklaring gemaak:
Yesterday we received devastating news that a bus carrying Murray & Roberts Cementation employees to Venetia Mine was involved in a head-on collision with a truck, resulting in several fatalities and injuries. We are deeply saddened by this horrific accident and offer our heartfelt condolences to the bereaved families and colleagues at Venetia Mine. We are working with Murray & Roberts Cementation to provide support to the bereaved families and counselling to our colleagues and contractors at the Mine.
Bronne: LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, De Beers Group Managed Operations Sotuth Africa, Flying News Live en Waterberg FM 99.3
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



