Lees ook: Groot brandstofprysstygings kan die verbruiker in Oktober tref
Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui steeds op ‘n styging in brandstofpryse vir Oktober, maar dit lyk of dit minder kan wees as wat aanvanklik verwag is.
Die nuwe data dui op ‘n styging van slegs 80 sent per liter vir albei grade loodvrye petrol, wat beter is as die aanvanklike R1.20 styging wat voorspel is.
Die prys van diesel kan moontlik styg met R1.70 per liter maar dit kan moontlik verminder voor die einde van die week.
Die amptelike pryse sal waarskynlik eers volgende week aangekondig word en kan dus nog verander voor dan.
Bronne: IOL, EWN, Cars, News24
Lees ook: Groot brandstofprysstygings kan die verbruiker in Oktober tref



