Groot brandstofprysstygings kan die verbruiker in Oktober tref

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ben Gumbi-moordverdagte verskyn vandag in die hof

Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n groot styging in die brandstofpryse vir Oktober.

‘n Styging van R1.71 per liter vir albei grade loodvrye petrol word voorspel, terwyl ‘n styging van R2.76 vir 50ppm-diesel te wagte kan wees.

Die rede vir die brandstofpryse is hoë internasionale oliepryse wat aanhoudend styg. Die amptelike brandstofpryse sal vroeg volgende maand aangekondig word voor die pryse op 4 Oktober aangepas word.

Bronne: IOL, The Citizen, Engineering News

Lees ook: Ben Gumbi-moordverdagte verskyn vandag in die hof