Lees ook: Sakeman by gewilde koffiewinkel in Rustenburg doodgeskiet
RUSTENBURG. – Die man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die sakeman Ben Gumbi sal vandag na verwagting weer in die Rustenburg-landdroshof verskyn.
Sibongiseni Ngubane (33) is op 12 September in hegtenis geneem terwyl hy by die Germiston-hof was vir ’n roofsaak waarin hy aangekla is. Hy het op 14 September in die hof verskyn waar die saak tot vandag uitgestel is vir verdere ondersoek. Ben Gumbi (49) is op 23 Augustus buite ’n restaurant in Rustenburg doodgeskiet terwyl hy op sy foon besig was.
Twee mans het hom genader en die man aan sy linkerkant het hom verskeie keer in die kop en bors geskiet. Die ander man aan sy regterkant het nog een skoot afgevuur, waarna Gumbi geval en sy aanvallers gevlug het. Die blou Volkswagen Polo waarin hulle gevlug het, is minute later verlate opgespoor op die hoek van Helen Joseph- en Louriestraat.
Gumbi het glo voorheen dreigemente oor ’n landontwikkelingsprojek ontvang.
Bronne: IOL, News365, Sunday World
Lees ook: Sakeman by gewilde koffiewinkel in Rustenburg doodgeskiet



