Sowat 26 raadslede van beweerde korrupsie beskuldig

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC-raadslid doodgeskiet in vermoedelike huurmoord

Die Valke ondersoek sowat 26 raadslede in verskeie provinsies vir beweerde korrupsie in hulle munisipaliteite gepleeg.

Die Cogta minister, Thembi Nkadimeng, het gesê party van die sake is reeds in die hof.

Nkadimeng het ook gesê 26 raadslede in verskillende munisipaliteite kan van korrupsie aangekla word. Die Valke het 29 sake rakende die 26 raadslede oor die laaste vier jaar ondersoek. Tien van die sake word steeds ondersoek, 13 is reeds in die hof en oor ses moet die NPA nog besluit.

Agt raadslede in KwaZulu-Natal is aangekla van korrupsie, agt raadslede in die Wes-Kaap en vier raadslede in Mpumalanga kan aangekla word van korrupsie. In die Noord-Wes is twee raadslede van korrupsie aangekla.

In Gauteng, die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap is slegs een raadslid in elk van die provinsies van korrupsie aangekla.

Geen raadslede is in Limpopo ondersoek nie.

Bronne: IOL, VN Explorer, WN.com

Lees ook: ANC-raadslid doodgeskiet in vermoedelike huurmoord