Span uit SA vertrek om in Libië te help

Deel hierdie storie / Share this story

BALLITO, KZN. – ‘n Span is onderweg na Derna in Libië om met soek-en-reddingsoperasies in die rampgeteisterde gebied na oorledenes en oorlewendes te help soek.

IPSS Search and Rescue sê hulle span, in samewerking met Al-Imdaad Foundation, gaan sy aan sy met internasionale spanne werk waar lewensverlies van duisende reeds aangeteken. Talle mense is nog soek na die skade wat Storm Daniel aangerig het en damme in die area meegegee het.

Aangesien daar beperkings in die area is, gaan die span hulle eie toerusting en benodigdhede saamneem.

Persone wat die operasie wil ondersteun, kan die Al-Imdaad Foundation www.alimdaad.com kontak.

Bron: IPSS Search and Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel