Verdagte van vele ‘huisbraak- en rooftogte’ los borg

Deel hierdie storie / Share this story

VRYBURG, NOORDWES. – Deflin Julies Visser (21) wat op Maandag 11 September 2023 in hegtenis geneem en glo suksesvol aan ses beweerde sake van huisbraak en roof verbind is, het op Woensdag 13 September 2023 en daarna op Vrydag 15 September in die Vrybug-landdroshof verskyn. Tydens die tweede verskyning het hy sy aansoek om borg laat vaar.

Lt.kol. Amanda Funani sê Visser is suksesvol deur forensiese deskundiges met DNS en sy vingerafdrukke aan die ses sake wat tussen November 2020 en Augustus 2023 aangemeld is, verbind. Hy het van die polisie weggehardloop, maar is langs ‘n spoorlyn in Huhudi vasgetrek.

Die ondersoek duur voort om ondermeer sy beweerde medepligtiges op te spoor.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel