VREDENBURG. –’n ANC-raadslid wat twee vorige pogings op sy lewe oorleef het, is die naweek voor sy huis doodgeskiet slegs twee maande na die Saldanhabaai-munisipaliteit sekuriteitsdienste by sy huis onttrek het.
Raadslid Arthur Gqeba het Vrydagaand by die huis gekom na hy by ’n vriend gekuier het toe ’n gewapende man hom nader en in die kop en bors skiet. Die polisie is besig om die moord te ondersoek.
Gqeba en sy drywer is verlede jaar gewond na ’n gewapende persoon op hulle geskiet het toe hulle ’n raadsvergadering verlaat het. Voorheen is ’n man wat sy huis besoek het deur ’n gewapende persoon doodgeskiet wat hom vir Gqeba aangesien het.
Die Saldanhabaai-munisipaliteit het die eerste keer in Desember Gqeba se beskerming oor “finansiële redes” onttrek. Hy is weer ’n sekuriteitswag gegee wat ook in Julie onttrek is na die munisipaliteit glo aangevoer het sy lewe is nie in gevaar nie.
Bronne: IOL, Die Son, Heart FM
Lees ook: Malema probeer hof oortuig om aanklagtes teen hom te laat vaar



