Bejaarde werkgewers vermoor – tuinier en vriend skuldig

Deel hierdie storie / Share this story

OTTERY, WES-KAAP. – Rugeya Addinall (82) en haar man Riedwaan Addinall (82) is op 5 Januarie 2019 deur Gcinilelitha Ngcobelothe en Lwazi Ntsibantsiba in hulle huis in Dandownrylaan verwurg. Rottegif is ook in die oorlede vrou se mond gevind.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die twee beskuldigdes is aan moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind en die staat sal wanneer die saak op 3 November 2023 na die hof terugkeer vir lewenslange tronkstrafvonnisse vra.

Na die moorde is die oorledenes se huis geplunder en huistoerusting en besittings in ‘n voertuig gelaai. Die beskuldigdes kon egter nie daarmee wegkom nie, aangesien hulle nie die voertuig kon aangeskakel kry nie.

Die oorledenes se liggame is deur familielede in die sitkamer gevind. Die chaotiese toneel met omgekeerde meubels en inkopies en huishoudelike items wat oor die vloer versprei gelê het, het op ‘n struweling gedui.

Gedurende die verhoor het die beskuldigdes met verskillende weergawes van gebeure teen mekaar gedraai en mekaar impliseer. Selfs ‘n vals getuienis van een beskuldigde vir ‘n alibi tydens die moorde het vir hom skeef uitgedraai.

Ngcobelothe het, nadat planne vir verontskuldiging nie gewerk het nie, probeer om staatsgetuies van onbehoorlikheid en die peuter met bewysstukke wat hom glo vals impliseer, te beskuldig. Dit is deur die hof verwerp.

Van die getuies in die omgewing waar die misdaad gepleeg is, kon die hof van CCTV-opnames voorsien. Dit het die beskuldigde in die erf en by die motorvoertuig, waar sy vingerafdrukke gevind is, geplaas.

Ntsibantsiba se weergawe van onskuldige omstander wat deur Ngcobelothe gedreig was, is ook deur die hof verwerp.

Ngcobelothe het vir jare as tuinier vir die bejaardes gewerk en het sy medebeskuldigde na die perseel geneem.

Die saak sal op 3 Novermber 2023 vir vonnisoplegging voorkom omdat beide die beskuldiges vir voorvonnisassesseringsverslae deur ‘n proefbeampte versoek het.

Bron: NVG

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel