Lees ook: Onderwyseres se liggaam in dak gevind
MAGWAVENI, TONGAAT. – Die liggaam van ‘n winkeleienaar (30) is Maandagaand in die skeepshouer waaruit hy sy besigheid in die Magwaveni-nedersetting bestuur, gevind.
Reaction Unit South Africa (Rusa), ‘n private veiligheidsmaatskappy, het aan IOL gesê hulle het ‘n oproep van ‘n inwoner oor ‘n geweerskoot by die skeepshouer ontvang.
Beamptes van die veiligheidsmaatskappy het die ligaam van die sakeman in ‘n plas bloed in die skeepshouer gevind.
Die man het ‘n skietwond aan sy nek gehad. Die polisie is besig met ‘n moordondersoek. Die rede vir die moord is nog nie bekend nie.
Bronne: IOL, VN Explorer, News365
Lees ook: Onderwyseres se liggaam in dak gevind



